Facebook het stil-stil 'n nuwe hoogtepunt aan 'n beperkte getal gebruikers bekend gestel. Dit verseker dat hulle nooit nuwe kommentaar oftewel bywerking van 'n spesifieke groep vriende misloop nie.

Deur op 'n “See First”- knoppie op iemand se profiel te klik, kan 'n Facebook-gebruiker seker maak dat hy/sy altyd plasings en bywerkings van daardie persoon heel bo aan sy/haar nuustoevoering sien.

Dis Facebook se nuutste poging om hul diens te verbeter, en dit word bestuur deur 'n algroritme te gebruik om minder belangrike inhoud vir die gebruiker uit te filtreer.

'n Woordvoerder het gesê: “Ons ondersoek altyd nuwe maniere om jou Facebook-ondervinding te verbeter, en ons is tans besig met 'n toetslopie waar jy kan kies om plasings van 'n spesifieke persoon of bladsy heel bo aan jou eie nuustoevoering wil sien."

Facebook het verlede jaar gebruikers toegelaat om onmiddellik 'n vriend se bywerking te demp sonder dat hy/sy daarvan weet en sonder om hom/haar van die lys van vriende te verwyder.

Vroeër vanjaar het die sosiale netwerk sy algoritmes aangepas om meer inhoud van persoonlike vriende te toon, eerder as die bladsye van ”hou van”- handelsmerke en nuusorganisasies.

Die netwerk hou ook rekening met tyd wat 'n gebruiker op 'n webwerf waarop hy/sy geklik het, deurbring. So word die hoeveelheid sogenaamde klik-aas wat geplaas word, verminder.

Daar is nog nie 'n aanduiding wanneer hierdie nuwe funksie vir alle gebruikers beskikbaar gaan wees nie.

Bronne: Sky News, Top Tech News