Dit lyk soos iets uit 'n nagmerrie.

'n Werker in Mexikostad het 'n verlate huis gevind en op die wriemelende spulletjie afgekom. Gelukkig het hy sy selfoon byderhand gehad en kon hy hierdie video maak van duisende spinnekoppe wat binne-in die huis rondwemel. Plek-plek val "balle" spinnekoppe uit die dak uit.

Kyk hier, maar wees gewaarsku - dis grillerig!