Reddingswerkers het ’n venster van Tower 1 oopgesny om by die werkers te kom. Hulle het geklou aan die platform wat ’n skrikwekkende 240 m bo die grond gehang het.

Ambulanse, brandweerwaens en helikopters is ontbied en ’n gebied om die gebou is afgebaken.

Die wassers het harnasse gedra en was gevolglik nie in gevaar nie, het die owerheid gesê.

Die gebou, wat verlede week heropen is, staan waar die voormalige World Trade Center was, wat op 11 September 2001 aangeval is.