Nadat die land asem opgehou en gebid het vir Siwaphiwe Mbambo se veiligheid, is die goeie nuus dat sy ongeskonde gevind is, oordonder deur skokkende besonderhede wat daarna aan die lig gekom het.

Siwaphiwe het Vrydag spoorloos verdwyn na ’n beweerde kapingsdrama. Boodskappe van hoop en bemoediging, asook smeekbede gerig aan die beweerde kapers vir die veiligheid van die babadogtertjie, het hoogty gevier in die sosiale media .

Luitenant-kolonel Thulane Zwane het intussen bevestig die baba se ma is een van drie mense wat in hegtenis geneem is nadat die baba ongeveer 01:00 Sondagoggend by die Marianhill-tolhek gevind is.

Die babatjie is ongedeerd.

 

Meer besonderhede sal later bekendgemaak word.