Die voormalige Kaliforniese goewerneur, Arnold Schwarzenegger, en sy vrou van 25 jaar, Maria Shriver, het aangekondig dat hulle gaan skei.

Volgens ‘n verklaring wat uitgereik is deur Schwarzenegger se woordvoerder sal die twee apart leef, maar steeds hulle vier kinders saam grootmaak.

“Hierdie is ‘n tyd van heelwat verandering in beide ons persoonlike en professionele lewens,” het beide in die verklaring bekend gemaak.

“Ons het baie hieroor gedink, dit bespreek en ook daaroor gebid en tot hierdie besluit gekom.”

Shriver was die afgelope sewe jaar aan Schwarzenegger se sy toe hy goewerneur van Kalifornië was. Sy was selfs bankvas agter haar man toe ‘n hele klomp vroue hom daarvan beskuldig het dat hy hulle betas het.

Volg Huisgenoot op Twitter.