Arnold Schwarzenegger se verhouding met Heather Milligan raak ernstiger.

Arnold (66) het Heather (38), ’n fisioterapeut, vir ’n romantiese ete uitgeneem in die Fig in die Fairmont-hotel in Santa Monica, Kalifornië. Hulle is afgeneem toe hy haar daarna hartstogtelik totsiens soen.

’n Bron het aan die skinderwebtuiste TMZ.com gesê hulle het afsonderlik daar aangekom en vertrek.

Die paartjie het in Februarie begin uitgaan. Al is onlangs beweer hy wil graag met Maria Shriver herenig, is Arnold glo baie verlief op Heather.

Die ster van Expendables 2 is in 2011, ná 25 jaar, van Maria geskei. Sy het uitgevind hy het ’n kind, Joseph (15), by sy huishoudster, Mildred Baena. Arnold het onlangs gesê hy en Maria, ’n NBC-verslaggewer, is op goeie voet. “Ons baklei nie, ons bel mekaar en ons maak die kinders saam groot,” het hy gesê.