Kan jy nou meer! Arnold Schwarzenegger is ’n akteur, ’n voormalige goewerneur van Kalifornië en nou . . . ’n hip-hop danser?

Die Terminator-akteur (66) het onlangs ’n draai gemaak op BET se televisieprogram 106 & Park om sy jongste aksiefliek, Sabotage, te bemark, maar ons wonder of hy geweet het waarvoor hy hom inlaat. Die aanbieders Bow Wow en Keshia het behoorlik die Terminator-akteur en sy sexy medester, die Magic Mike-akteur Joe Manganiello (37), se dansvernuf getoets!

Arnie het sy bes probeer om by te hou toe hy gevra is om die jongste dansgier, die Nae Nae, te beproef en het selfs die Stanky Leg gedoen! En dit lyk of hy hom gate uit geniet het. Ons reken Joe het stof in sy oë geskop. Hy het immers oefening gehad toe hy ’n sexy ontkleedanser in die fliek Magic Mike gespeel het. Kyk die skreeusnaakse video hier!

youtube.com/watch?v=gzJ-yAozrWg