Arno Jordaan se aanhangers was sekerlik bekommerd oor die feit dat sy hand die afgelope week in gips was.

“Baie mense het geglo ek was in ‘n vuisgeveg betrokke,” het Arno laggend aan Huisgenoot vanuit sy dokter se spreekkamer in Pretoria gesê.

“Maar die waarheid is dat ek verlede naweek, ná ‘n vertoning in Ellisras, in die stort gegly, geval en my hand gebreek het. Vandaar die gips!”

Die dokters is nou besig om die gips te verwyder sodat daar plate van sy hand geneem kan word, en hulle kan vasstel of dit besig is om te genees.

Arno hoop natuurlik vir van die beste, want tyd vir ‘n operasie is daar nie nou vir dié besig sanger nie.

Vanaand woon hy die Huisgenoot Tempo-toekennings by, en Woensdagoggend vlieg hy en Kurt Darren na Amerika vir twee optredes.

Volg Huisgenoot op Twitter.