Arno Jordaan was in ’n ernstige motorongeluk in sy Land Rover op die R14 op pad na Krugersdorp toe.

“Hy het uitgeswaai vir ’n trok met gasbottels op om hom te beskerm,” sê sy agent, Dewald Jordaan.

“Hy is in die hospitaal en hulle is besig om X-strale te neem.”

Dewald sê Arno het gelukkig geen ernstige beserings opgedoen het nie, maar hulle wag nog vir die dokter se uitslae.

“Dit lyk soos ’n ernstige rugbybesering. Hy het ’n sny op sy voorkop en sy lip. Dit is nie lekker nie, maar ons is verheug dat hy lewe.”

Arno was alleen in die kar.