Meer romanties as dít kry jy nie! Arno Jordaan het sy meisie Lizanie Pohl ‘n paar uur gelede in Doebai, waar hy saam met Steve Hofmeyr optree, gevra om te trou. En was dit nie ‘n huweliksaanbod nie!

Die sanger, wat saam met sy nuwe verloof op pad was na ‘n woestyn safari, het ure na die verlowing vertel die groot oomblik was voor ‘n skare mense by The Palms Hotel in Doebai.

Lees alles oor die romantiese verlowing in volgende week se Huisgenoot.

“Dit was ongelooflik romanties,” het Arno opgewonde uit Doebai vertel. Arno het nog ‘n optrede saam met Steve in Londen voor hulle terugkeer Suid-Afrika toe. Die twee gaan ook later vanjaar in Australië en Amerika toer.