Arno Jordaan het op die sosiale netwerk Twitter aangekondig hy gaan pa word.

"Sorry ek was so stil julle! En ja ek word 'n pappa! Soos in mal opgewonde. God is groot en ek glo dis die rede dat hy my beskerm het ini (sic) ongeluk," het Jordaan geskryf.

Jordaan was verlede maand op die Krugersdorp-pad in 'n ongeluk en sy week oue Land Rover Discovery is afgeskryf.

Hy en sy vrou, Lizanie, is in Januarie 2012 buite Tzaneen in Limpopo getroud.