Arnold Schwarzenegger het vyf keer per dag seks, sê Tom Arnold.

Arnold (66) het verskeie vriendinne wat daagliks sy seksuele drange bevredig en hom help om sy lyf in ’n goeie toestand te hou. Dis wat Tom, sy True Lies-medester, beweer.

Arnold en Maria Shriver (57) is in 2011 ná 25 jaar geskei nadat dit uitgekom het hy het ’n kind by hul huishoudster.

Tom (54) het vertel: “Arnie het ’n baie groot seksdrang. Vroue gaan kuier vir hom. Hy is nie eensaam nie. Hy het vriendinne.

“Hy het baie behoeftes en hy glo dis deel van sy fiksheid. Vyf keer per dag, sê hy. Dis ’n goeie getal. Baie vroue sal dit nie doen nie, maar hy is baie fiks.”

Behalwe vir Arnie se harem, is hy ook gedurig in die geselskap van ’n klomp gespierde mans in skraps klere wat op die voorste grasperk van sy huis in Los Angeles oefen.

Tom het ook aan die Daily Star gesê: “Daar is mans in hul onderklere. Dis ’n vreemde gesig. “Wanneer jy daar stilhou, skarrel hulle rond. Hy probeer soos ’n koning lewe.”

Na bewering gaan Arnold uit met die fisioterapeut Heather Milligan.