Die hond het ’n moeilike paar jaar agter die rug – hy ly aan ’n seldsame siekte wat daartoe lei dat hy homself seermaak.

[caption id="attachment_166084" align="alignnone" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

George, ’n patryshond, knaag sy pote tot op die been en kou gereeld aan sy agterpote tot dit bloei.

Akrale mutilasie-sindroom is by die driejarige hond gediagnoseer. Dis ’n aanhoudende gejeuk wat mettertyd vererger.

Hy benodig heeltydse sorg en sy behandeling het die organisasie Cocker and English Springer Spaniel Rescue (CAESSR) sowat R160 000 binne net twee jaar gekos.

Di Harrison van Tarporley, Cheshire, het CAESSR gestig. Die liefdadigheidsorganisasie sien om na George en betaal vir sy behandeling.

“George het sy agterpote gekou tot dit bloei, selfs wanneer sy eienaars tuis was. Hy het amper ’n deel van een van sy tone heeltemal weggevreet,” sê sy.

[caption id="attachment_166085" align="alignnone" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

“Ek het gedink hy sukkel met pote wat slaap weens ’n effense misvormde ruggraat. Die gekou het toe ’n gewoonte geword.”

Di het George gehelp om die gekou te stop deur verbande te gebruik, en twee jaar later het sy littekens begin genees.

Die hond het nou ’n nuwe tuiste in Stoke-on-Trent, Staffordshire, en is op die herstelpad danksy ’n vrygewige skenking van die Manor Court-veeartssentrum, wat deel van die Willows Veterinary Group is.

“George, wat nou drie jaar oud is, het in Maart 2015 by ons aangekom as ’n 10 maande oue hondjie. In die meer as 30 jaar wat ek na diere omsien, het ek nog nooit so iets gesien nie.

[caption id="attachment_166087" align="alignnone" width="599"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

“Ons het eers gedink dis weens stres, maar nadat een van die stigters ’n artikel in ’n hondetydskrif gelees het, het ons begin vermoed dis dalk akrale mutilasie-sindroom, en dis later bevestig toe monsters na ’n laboratorium in Frankryk gestuur is.

“Behalwe die selfskending het hy ook talle ander gesondheidsprobleme, maar hy’s ’n ware vegter en het tot dusver alles goed hanteer. Hy is ’n wonderlike, vriendelike hond en ons wou met sy behandeling volhou. Ná maande van gedurig verbande dra, is George nou in ’n permanente pleeghuis ná talle besoeke aan die veearts.

“Manor Court se skenking is baie welkom en ek kan hulle nie genoeg bedank daarvoor nie, omdat ons staatmaak op skenkings om aan die gang te bly.”

Die eienaar, Laura Herbert van Hanley, sê sy “sal enigiets doen” vir George en het selfs van werk verander sodat sy behoorlik na hom kan omsien.

“Toe ek hom begin versorg, het my pos by die werk oorbodig geraak en ek het dus hope tyd gehad om aan hom af te staan. Toe kry ek ’n voltydse werk in konstruksiebestuur, maar George het soveel gesondheidsprobleme gehad, waaronder sy selfskendingsindroom, dat ek die werk gelos het. Ek werk nou deeltyds as kroegmeisie en tussen my en my huismaat, Matthew Rogers, kan ons hom behoorlik versorg.

[caption id="attachment_166088" align="alignnone" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

“Ons het ons werkpatroon uitgewerk sodat ons soveel tyd as moontlik saam met George kan deurbring, en vriende en familie help ook. Matthew het eers nie van honde gehou nie, maar nou sal hy enigiets vir George doen; ons albei sal.

“Dit gaan op die oomblik oukei met George, maar ek weet as hy alleen gelaat word, sal hy weer aan homself begin kou. Mense dink ek’s gek om te doen wat ek doen vir George, maar hy is so ’n goedaardige, dierbare hond dat jy dit nie kan help om hom te wil versorg nie.”

[caption id="attachment_166086" align="alignnone" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Richard Nolan, ’n veearts van die Manor Court-veeartssentrum, sê: “Hoewel ek hom nog nooit behandel het nie, het ek George se verhaal gehoor.

"Dis ’n baie ongewone geval, want akrale mutilasie-sindroom is ’n bose kringloop wat begin met ’n gejeuk en eindig met ’n dier wat aan sy ledemate kou. Ek weet George se behandeling is baie duur en daarom is ek bly dat die skenking van die Willows Veterinary Group daarmee kan help.”

  • Magazine Features