Met die iPhone SE keer Apple terug na ’n kleiner 10,1 cm (4 duim)-vertoonskerm in ’n aluminium-omhulsel.

Apple sê die nuwe toestel sal dieselfde A9-verwerker as die iPhone 6s, ’n 12-megapieksel-hoofkamera wat 4K-video’s kan skiet en Touch ID hê. Lees ook: WhatsApp verdwyn eersdaags van sommige selfone Die pryse van die iPhone SE sal by $399 (sowat R6 185) begin, maar Apple bring nie die slimfoon na Suid-Afrika in hul aanvanklike verspreidingsplan nie. Die iPhone SE sal in 16GB en 64GB te kry wees en van 24 Maart in Amerika, Brittanje, Australië, Kanada, China, Frankryk, Duitsland, Hongkong, Japan, Nieu-Seeland, Puerto Rico en Singapoer te koop wees.

Laer prys

In April sal dit in Albanië, Andorra, Bahrein, België, Bosnië, Bulgarye, Denemarke, Estland, Finland, Griekeland, Guernsey, Hongarye, Ierland, Indië, Italië, Jersey, Koeweit, Kosovo, Kroasië, Letland, Liechtenstein, Litoue, Luxemburg, die Maledive, Malta, die eiland Man, Masedonië, Monaco, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Pole, Portugal, Roemenië, Rusland, Saoedi-Arabië, Slowenië, Slowakye, Spanje, Swede, Switserland, Taiwan, die Tsjeggiese Republiek, Turkye en die Verenigde Arabiese Emirate en Ysland ’n buiging maak, sê Apple.

Lees ook: Tegnologie kniehalter selfoondiewe

Die SE vul die gaping wat die goedkoper iPhone 5c gelaat het en die Amerikaanse maatskappy is onder druk om ’n treffer te produseer ondanks die feit dat ’n rekord van 74,8 miljoen iPhones in die laaste drie maande van 2015 verkoop is.

Apple het ook ’n nuwe iPad Pro bekendgestel met ’n 24,6 cm (9,7 duim)-vertoonskerm wat ook van 24 Maart op die rakke sal wees.

Die onderneming sê die tablet word met ’n vermoë van 32GB, 128GB en 256GB verskeep en aangedryf deur ’n A9X-verwerker “wat met die meeste draagbare PRs meeding”.

Apple sê die vertoonskerm op die nuwe toestel is 25 persent helderder en 40 persent minder weerkaatsend as die vertoonskerm op die iPad Air 2.

Die 24,6 cm-iPad sal $599 (R9 285) kos en ’n groter 32,6 cm (12,9 duim)-weergawe $799 (R12 385). Suid-Afrika is nie op die aanvanklike lys van lande waarin dit bekendgestel sal word nie.

Bron: Fin24

Ander stories op Huisgenoot.com

Man stel aanlyn profiel as vrou op, met skokkende gevolge

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Nee, ’n vrou het nie die tikmasjien uitgevind nie . . . maar kyk net wat het die skoner geslag wel uitgevind