Die hof het Woensdagoggend ’n bevel gemaak dat Zuma se regsverteenwoordigers hul saak binne drie maande in die hof in Bloemfontein moet gaan verduidelik.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het vroeër vanjaar gesê die besluit deur die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Mei 2009 om klagte van korrupsie teen Zuma te laat vaar “irrasioneel” is en heringestel moet word.

Die hof sal na die mondelinge argumente besluit of Zuma se saak sterk genoeg is en of daar ’n kans is dat ’n appèl suksesvol sal wees.