Die gratis app van Samaritans soek na twiets wat frases bevat soos “moeg vir alleen wees”, “haat myself”, “depressief”, “help my” en “het iemand nodig om mee te praat”.

As die persoon se Twitter-aanhangers die app het, sal hulle ’n e-pos kry met ’n skakel na die twiet wat opgetel is, en bied leiding oor hoe om ondersteuning te bied.

Die app is ontwerp deur die digitale agentskap Jam en is gemik op Twitter-gebruikers tussen die ouderdom van 18 en 35, wat die aktiefste op sosiale media is.

“Ons weet mense wat sukkel, soek dikwels hulp aanlyn,” sê Joel Ferns, Samaritans se hoofbeampte vir beleid, navorsing en ontwikkeling.

“Maar daar is steed so baie wat ons moet leer oor hoekom dit gebeur en hoe ons die aanlyn omgewing veilig vir kwesbare mense kan maak.

“Omdat ons nie hierdie kwessie aanpak nie, loop ons die risiko dat hierdie gesprekke gestop word en uit die kollig wegval.

“Pleks daar van moet ons hulpbronne soos Samaritans Radar gebruik om mense aan te moedig om aanlyn mekaar by te staan en ondersteuning te bied.”

Patricia Cartes, Twitter se hoof van veiligheidsuitreiking, het die Samaritans geloof vir “eksperimentering met nuwe maniere van mense in die digitale ruimte ondersteun.”