Met dié app, wat spesifiek vir iPhone ontwikkel is, kan vroue hul bra-grootte akkuraat bepaal deur twee foto’s van hulself in ’n noupassende hemp te neem. Driedimensionele data word dan van die foto’s afgelei en jou presiese afmetings word bepaal. ’n Vrouestem stel dan onderklere voor wat aanlyn te koop is en beweer dié bra’s sal jou perfek pas.

Die app is deur ThirdLove ontwikkel nadat ’n studie getoon het byna 85 persent van vroue in die Verenigde Koninkryk dra die verkeerde grootte bra. Die ontwikkelaars het beleggings van R56 miljoen ontvang om dié app op die been te bring.

’n Wetenskaplike van die Amerikaanse ruimteagentskap, Nasa, was ’n lid van die span wat die tegnologie agter dié app ontwikkel het. ThirdLove het reeds planne om ’n soortgelyke app vir ander kledingstukke bekend te stel.

Deur Shané Barnard

Bronne: dailymail.co.uk, 2oceansvibe.com