Dit lyk of Annie Lennox se romanse met die Suid-Afrikaanse ginekoloog Mitch Besser nog goed op dreef is.

Die paartjie het onlangs ontspanne en verlief gelyk op ’n uitstappie naby die sanger se huis in Londen.

“Hulle was diep in gesprek en dit het gelyk of Annie dit geniet,” sê ’n ooggetuie. “Hulle het hul arms om mekaar gesit. Hulle is duidelik baie gemaklik in mekaar se geselskap.”

Die twee het mekaar twee jaar gelede ontmoet deur Mothers2Mothers, ’n organisasie sonder winsbejag

waarvan Mitch ’n stigter is en wat veral MIV-oordrag van moeder tot kind probeer keer. Maar toe hulle vroeër vanjaar hul verhouding bekend maak, het dit ’n opskudding veroorsaak omdat Mitch (56) nog getroud was. Hy en sy eksvrou, Debra, het twee seuns, Sam (19) en Max (16), en Annie (ook 56) het twee dogters, Lola (20) en Tali (17), by die rolprentvervaardiger Uri Fruchtmann.

Volg Huisgenoot op Twitter.