[caption id="attachment_122779" align="alignnone" width="600"]Hemelbesem, Anneli, Riaan, Hannon en Rolene is 'n gedugte span. Foto: Errieda du Toit Hemelbesem, Anneli, Riaan, Hannon en Rolene is 'n gedugte span. Foto: Errieda du Toit[/caption]

In die eerste episode is daar ’n reeks gaskunstenaars uit alle oorde wat kykers se hart gaan steel. Anneli van Rooyen, Riaan Cruywagen, Rolene Strauss, Hemelbesem en die mooimaakghoeroe Hannon kloek al om die tafels en is nie net ’n lus vir die oog nie, maar maak seker die lagspiere werk oortyd.

LEES OOK: ONTMOET KOEKEDOOR 2 SE TIEN NUWE DEELNEMERS

Die tema vir die uitsending is “’n bordjie soet en ’n bordjie sout” en dit het ’n stortvloed herinnerings uit die bekendes se verlede aangewakker.

Anneli het van haar herinnerings met ons gedeel.

“Van bordjies sout onthou ek hoe Jammies Jamneck – saam met wie ek jare lank getoer het – altyd met ’n vonkel in sy oog gesê het die stokkies gee hom sooibrand!

Lees ook: Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

“In alle eerlikheid was dit vir ons toervoos klompie baie lekkerder om ’n bord kos te kry as vingeretes, maar absoluut enigiets was welkom!

“My ouma het die saligste padkostoebroodjies gemaak met ’n eier-mayo-mengsel wat mondwaterlekker was,” onthou Anneli.

Maar vir Anneli het die mense altyd meer as die kos beteken. “Meer as enigiets anders onthou ek die gasvryheid en spontane hartlikheid van ons mense landwyd. Dit beteken dat selfs ’n rare rare op die ou end vergete is, terwyl die liefde waarmee dit aangebied is, die blywende herinnering word.”

Lees ook: ‘Dis waarvoor ek in die middel van die nag sal opstaan!’: Riaan Cruywagen deel sy gunsteling-kosherinneringe

As bekende persoonlikheid word sy baie na geleenthede genooi en is uiters “verlig” dat Suid-Afrikaanse kookkuns darem nie te boheems is nie.

“Interessante kombinasies is meer as welkom, want kos is nooit vervelig nie, maar staatmakers op ’n bordjie, op ’n vernuftige manier berei, troos meer as wat ’n mens dink.

“Ek het inderdaad geleer om ’n balanseertoertjie te bemeester, waar ek my bordjie op die glas of koppie plaas sodat ek een hand vry het.

“Die ergste is wanneer ek ’n bordjie eetgoed bymekaar het wat geduldig moet staan en wag terwyl mense eers lekker gesels, net om dan tydens opruiming te sien hoe dit verdwyn sonder dat ek ’n krummel kon geniet!”

? Onthou om Donderdagaand op kykNET in te skakel vir loodsaflewering van Koekedoor 2 om Anneli van Rooyen en die ander stuitige gaste in aksie te sien!

Ander stories op Huisgenoot.com

Gewilde Kokkedoor maak nou tuin ná hartseer besluit

‘Meer trots op jou, kan ek nie wees nie, pappa’: Twitter verwelkom Allister Coetzee as nuwe Bok-afrigter

Doodsreuk hang in hospitaal nadat erg ontbinde lyk glo in hysbakskag gevind is

Charlize Theron briesend oor ‘ongelooflik verkeerde aanhaling’

Hofmeyr-boeties se liefdeslewe beleef uiterstes

Kyk: Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives