[caption id="attachment_121107" align="alignnone" width="600"]Anneli van Rooyen (Foto: Peet Mocke) Anneli van Rooyen (Foto: Peet Mocke)[/caption]

“Maar ek is blymoedig en ek is verstom oor die goed wat ek steeds kan doen. Dat ek steeds in staat daartoe is om my gees te rek en uit te strek.”

Lees ook: Mynie Grové en Karen Zoid gee die lied ‘Sweef soos ’n arend’ nuwe vlerke

Ons gesels met Anneli voor sy Vrydagaand saam met Karen Zoid by die opelugvertoning, Zoid Afrika, by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn opgetree het.

[caption id="attachment_121108" align="alignnone" width="600"]Anneli en Karen saam op die verhoog. Foto: Peet Mocke Anneli en Karen saam op die verhoog. Foto: Peet Mocke[/caption]

Anneli ly al jare lank aan a-tipiese trigeminusneuralgie, ’n brandpyn in ’n senuwee aan die regterkant van haar gesig.

Wanneer jy haar groet sprei die kenmerkende glimlag oor haar gesig en wanneer sy jou nie mooi kan hoor nie stap sy spontaan nader en vat aan jou hand.

Lees ook: Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .

“Dit is baie dae swaar en dan is daar amper niks van my oor nie, maar ek is dankbaar dat ek steeds die goed kan doen (soos om op te tree) en dat ek mense het wat my ondersteun.”

In die insetsels wat op die verhoog gespeel is van die onderhoud wat Karen vroeër met haar op die geselsprogram, Republiek van Zoid Afrika, gehad het vertel Anneli hoe verpletter sy was toe sy van die siekte uitgevind het.

“Oornag verander alles wat jy gesien het en waarop jy in die toekoms gehoop het. Finansieel ook. Baie dae is die vir my verskriklik moeilik, maar ek is blymoedig. Ek dink ek is met so gees gebore.”

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue

Só vier SA bekendes soos Elvis Blue, Johan Stemmet en Rina Hugo Paasfees

Kyk: ’n Bok ry staan-staan op dié wonderlike donkie se rug?

Kokkedoor-wenners gee raad en sê hoe jy die groot familie oor die Paastyd moet onthaal