Die 62-jarige aktrise het Bob Richardson in 1969 ontmoet toe sy 18 en hy 42 was. Hulle het ’n onstuimige romanse gehad, wat verder bemoeilik is daardeur dat hy aan bipolêre gemoedsteuring en skisofrenie gely het.

Anjelica skryf in haar outobiografie A Story Lately Told: Coming of Age in Ireland, London and New York: “Ek het nog nooit so broos of kwesbaar gevoel soos wanneer Bob demonies geraak en ’n woedebui gehad het, of erger, wanneer hy agterna in sy dop gekruip het nie.

“Een oggend, toe een van die beproewings al vier dae aangehou het, het ek ’n badkamer in die Chelsea (-hotel) binnegestap en, uit wanhoop, ’n lem oor my linkerpols getrek. Ek het terug kamer toe gehardloop met bloed wat uit die aar spuit en huilend vir hom gevra: “Sal dit maak dat jy my liefhet?”

Sy vertel in haar boek hoe sy die akteur Marlon Brando se oog gevang het op 16 en hoe haar pa, die regisseur John Huston, die rolprentlegende (toe 53) na hul landgoed in Ierland genooi het.

“Ek het een oggend na die groot huis gegaan en ’n bruingebrande, aantreklike man in ’n wynrooi fluweelsweetpaktop op die boonste verdieping met my pa sien gesels, wat my toe aan hom voorgestel het.

“Marlon het geglimlag en sy lippe het omgekrul. Hy het deur sy neus gepraat. Daardie middag in die studeerkamer het Marlon vir my ’n sklipaddopring met silwer afwerking van Tahiti gegee en my gevra of ek graag eendag daar by hom wil kom kuier.”