Die 45-jarige aktrise se naam verskyn nie op die lys van Oscar-benoemdes wat Donderdagoggend uitgereik is nie. En al is algemeen aanvaar sy sou in die kategorie beste aktrise benoem word vir haar rol in Cake, is sy net bly die rolprent is goed ontvang.

Jennifer het Woesdagaand in ’n onderhoud met Entertainment Tonight gesê sy sal “geensins” ontsteld wees as jy nie benoem word nie. Sy het verduidelik sy is bloot bly dat sy aan die indie-drama kon deel hê.

“Ek meen eerlikwaar die feit dat enigiets hiervan gebeur het, is net baie onverwags,” het sy gesê. “Ons is net almal verwonderd oor die hele ding. Dit wat tot dusver gebeur het, is ongelooflik. Ek kan dit nie eens verwerk nie.”

Jennifer is by die Golden Globe Awards, SAG Awards en Critic’s Choice Awards vir pryse in aanmerking geneem. Sy vertolk die hoofrol van Claire Bennett, wat aan chroniese pyn ly, en het haar vir die rol van grimering en ander skoonheidsverbeterings gestroop.

Dit lyk in elk geval of die voormalige Friends-ster eerder wou gaan slaap het as om wakker te bly tot die lys vroegoggend bekendgemaak word.

“Ek gaan my nie martel nie,” het sy voorheen aan E! News gesê. “Ek sal in die bed wees. Ek sal in die bed wees saam met my geliefde en my honde wat wilde droompies droom.”

Jennifer hoef nie alleen te voel nie. Amy Adams is ook nie op die lys vir beste aktrise nie – al het sy Sondag die ekwivalente prys by die Golden Globes gewen.

Die benoemings vir die kategorie beste regisseur het het ook kritiek ontlok, want dit sluit nie Ava DuVernay vir Selma in nie. Die publiek is ook verontwaardig omdat geen swart of Oosterse akteurs vanjaar vir ’n Oscar benoem is nie .

© Cover Media