Na die sukses van Faith like Patatoes, oor die prediker se lewensverhaal, is die filmmaker FC Hamman nou besig met ‘n fliek oor hoe mense se lewens by Angus se saamtrekke omgekeer is.

In die inspirasie-fliek, Ordinary People, word die verhale vertel van verskillende mense wie se lewens dramaties verander het nadat hulle sy Mighty Men-saamtrekke bygewoon het.

Verfilming begin vandeesmaand met bekendes soos Anrich HerbstNorman Anstey enHannes Muller in die rolverdeling.

Dit sal rondom Paastyd 2012 uitgereik word.