Mej. Angola Leila Lopes, ‘n sakestudent in Benguela, is Maandag gekroon as Mej. Heelal, het Reuters berig.

Lopes het die beoordelaars beïndruk met haar skoonheid en kennis.

Die 25-jarige wenner het van oor tot oor geglimlag toe die kroon op haar kop geplaas is tydens die seremonie in São Paulo, Brasilië.

Die top-vyf het deelnemers van Oekraïne, Japan, Brasilië en die Filippyne ingesluit. Mej. Suid-Afrika was nie onder die top-deelnemers nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.

-Reuters