Die nuus dat die glanspaar Angelina Jolie en Brad Pitt se paadjies ná sowat 'n dekade skei, het baie mense geskok.

Nie net is dié Hollywood-romanse – wat glo in 2004 vlam gevat het toe die twee saam aan die film Mr. and Mrs. Smith gewerk het – verby nie; Angelina eis boonop fisieke toesig oor hul ses kinders. Sy vra dat Brad besoekregte kry en toesig deel.

Die kinders woon by die ouer met fisieke toesig en, as Angie haar sin kry, sal hul kroos dus by haar woon. Omdat Brad wel gedeelde toesig mag hê, sal hy ook inspraak hê in die kinders se sake en belangrike besluite mag help neem. Hy sal ook besoekregte hê, sou die hof Angelina se aansoek toestaan.

Hoewel Amerikaanse wetgewing van Suid-Afrikaanse wetgewing verskil, behoort die basiese beginsels oor toesig dieselfde te wees, sê Sheri Breslaw, 'n familiereg-prokureur van Kaapstad, aan Huisgenoot.

"Fisieke toesig beteken die kinders sal by haar woon, maar sy en Brad sal ewe veel seggenskap hê oor kwessies soos die kinders se geloof, waar hulle skoolgaan en meer."

Lees ook:

Hoe gemaak as jou kinders by jou eksman of eksvrou moet gaan kuier?

Hoe om saamgestelde gesinne te hanteer.

Enkelouer met ’n nuwe liefde? Hier’s raad.

Só help jy 'n kind deur die trauma van egskeiding.