Tussen Junie verlede jaar en Junie vanjaar het sy ’n ongelooflike $33 miljoen (R330 miljoen) in haar sak gesteek.

Dis sowat R130 miljoen meer as wat die 38-jarige ster die jaar tevore verdien het.

Volgens Forbes.com sal Angelina, wat sedert The Tourist in 2010 nog nie weer op die grootskerm te sien was nie (sy het wel in 2011 stemwerk gedoen vir Kung Fu Panda 2), binnekort weer te sien wees in Disney se Maleficent, waarvoor sy R150 miljoen gaan kry.

Angelina, wat in die tussentyd die Bosniese oorlogsrolprent In The Land of Blood and Honey geskryf en regisseer het, het miljoene meer verdien as die tweede aktrise op die lys, Jennifer Lawrence.

Die 22-jarige Jennifer het die eerste rolprent in die The Hunger Games-franchise R6,9 biljoen by die loket help verdien, maar het self minder as R10 miljoen daarvoor verdien. Die produksiemaatskappy Lionsgate sal haar aansienlik meer betaal vir die opvolgprent, Catching Fire.

Kristen Stewart (23), wat  verlede jaar met R345 miljoen bo-aan die lys was, het met R220 miljoen na derde plek geval.

Die 23-jarige aktrise het haar grootste fortuin gemaak as die Bella Swan in die Twilight-flieks en was daarna in kleiner produksies.

Jennifer Aniston (44) is vierde (R200 miljoen) en Emma Stone (24) haal die top-vyf met ’n geraamde R160 miljoen.

Hollywood se hoogs betaalde aktrises volgens Forbes se top-10:

1) Angelina Jolie                     R330 miljoen

2) Jennifer Lawrence              R260 miljoen

3) Kristen Stewart                   R220 miljoen

4) Jennifer Aniston                  R200 miljoen

5) Emma Stone                      R160 miljoen

6) Charlize Theron                  R150 miljoen

7) Sandra Bullock                   R140 miljoen

8) Natalie Portman                  R140 miljoen

9) Mila Kunis                           R110 miljoen

10) Julia Roberts                     R110 miljoen