Sjoe, praat van ’n hand vol!

Angelina Jolie is op ’n onlangse besoek aan Malta saam met haar ses kinders  gekiek toe sy haar lewensmaat, Brad Pitt, besoek waar hy sy nuwe fliek, World War Z, verfilm.

En dit lyk asof die aktrise alles uitgehaal het om te verseker haar kinders is gelukkig.

Maddox (9), Pax (7), Zahara (6) en Shiloh (5) het nuwe speelgoed gehad en die tweeling, Vivienne en Knox (wat volgende maand drie word), was omtrent uitgevat. Vivienne het alte skattig as ’n pienk prinses gelyk, terwyl Knox, wat sy geliefde Barney-dinosouruspop saamgesleep het, soos ’n liewenheersbesie aangetrek was.

Volg Huisgenoot op Twitter.