Het Angelique Gerber ’n nuwe liefie aan haar sy?

Die voormalige 7de Laan-aktrise, wat vroeër vanjaar aangekondig het sy en haar man, Ben-G van Niekerk, gaan skei, het ’n nuwe man in haar lewe – die voormalige Springbok Jacques Potgieter. Hulle is nog net vriende, maar sal dit nie oulik wees as dié twee ’n paartjie is nie?

Jacques speel vir die Australiese Superrugby-span die Waratahs.

“Hulle het by ’n korporatiewe funksie ontmoet aangesien hulle in dieselfde korporatiewe kringe beweeg,” sê Angelique se agent en bestuurder, Jennis Williamson. “Angelique was onlangs in Australië vir sake en sy het Jacques ook tydens haar besoek gesien.”

Jacques het juis drie weke gelede ’n foto op sy Instagram-profiel gelaai waar hy en ’n vrou in ’n bikini in Port Douglas in Australië uitspan, maar haar gesig is verbloem.

allowtransparency="true">

Op nog een wat hy vier weke gelede opgelaai het, skryf hy: “Ek geniet my week af met dié pragtige meisie.”

Daar is toe op Instagram gegis dat dit Angelique op dié foto’s is. Jennis kon nie bevestig of dit Angelique op die foto’s is nie omdat sy tans op stel is.

Angelique het ook verlede week getwiet hoe mal sy oor rugby is en dat Jacques “uitstekende rugby” speel.

Sy is onlangs romanties verbind met die Springbok-slot Flip van der Merwe, maar sy het in ’n onderhoud met Huisgenoot vertel dat daar niks tussen haar en Flip is nie. Sy het toe ook gesê sy is nog nie gereed vir ’n verhouding nie. “Ek kan nie my stukkende hart vir iemand anders gee nie. Dit genees nog en dit sal onregverdig wees om net so stukkend voort te gaan met my lewe,” het sy toe gesê.

“Ja, ek droom nog van liefde en trou en eendag kinders hê. Ek is nog net nie gereed daarvoor nie, maar ek het geen twyfel nie: Eendag sal ek wees.”

Volgens Jennis gaan Jacques Angelique môreaand na die Huisgenoot Tempo-toekennings in Johannesburg vergesel, maar net as vriende. Hou dié spasie dop!

Hier is 'n paar foto's van die aantreklike Jacques