Sy het die blye nuus op Facebook gedeel. "Ons is so geseën, want eks nie swanger met een baba nie maar met TWEE! Alle eer aan ons Vader in die Hemel!" skryf die aktrise en televisie-aanbieder in die sosiale media.

Volgens Rapport is Angelique net meer as 12 weke swanger. 

Angelique en haar man, Jacques, het reeds ’n eenjarige seuntjie, ook Jacques. 

?????? @jacquespotgieter7 #teampottie

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

En aanhangers is natuurlik net so opgewonde soos die trotse ouers!

"Baie geluk, ’n voltallige gesien," skryf ene Blacky Swart.

"Baie baie geluk! Ek ken jou nie persoonlik nie, Angelique, maar ek bid dat die Here die swangerskap sal seën en dat die babatjies wat aan julle toevertrou word vir julle elke dag meer en meer iets van Sy koninkryk sal openbaar en dat Jacques jr. die beste ouboet sal wees en ook sy godgegewe rol sal vervul," skryf Carike van Zyl.

Baie geluk, julle!