Meisies, staan nader, want vanaand begin die nuwe reeks van Boer Soek ‘n Vrou met tien vars, nuwe boere om uit te kies.

Volgens Angelique Gerber, Boer Soek ‘n Vrou se splinternuwe aanbieder, is vanjaar se boere omtrent iets vir die oog en is hulle gereed om die vrou van hul drome te ontmoet.

“Hierdie boere is nou regtig trou-kwaliteit. Ek sal hulle selfs huis toe vat,” het Angelique gesê.  “Ek is mal oor hulle.”

As aanbieder van die program moes Angelique oor die hele land reis om al die nuwe boere te ontmoet. Sy moes glo selfs naby aan die grens van Botswana ‘n draai gaan maak het.

“Ek geniet die ongelooflik baie om al die beeldskone plekke te sien.”

As een van die boere dalk vanaand jou oog vang, kan jy dadelik inskryf vir die kans om hulle te ontmoet. Inskrywings vir briewe aan die nuwe boere sluit 25 Mei om middernag.

Kliek hier om ‘n paar van die boere te sien nog voor hulle vir die eerste keer op die kassie verskyn.

Hier volg die uitsaai-tye vir Boer Soek ‘n Vrou: 

Ontmoet die boere: Vanaand @ 17:30

Heruitsending 1:  Vrydag, 6 Mei @ 14:00

Heruitsending 2:  Saterdag, 7 Mei @ 04:00

Heruitsending 3: Sondag, 8 Mei @ 02:00