Om iemand te vergewe, stel jy jouself vry, voel die aktrise Angelique Gerber. “Dit is ‘n keuse. Jy moet kies om te vergewe, anders sluit jy jouself toe in ‘n donker hok van negatiwiteit.”

[post-slider]

Angelique speel een van die hoofrolle teenoor Gerhard Steyn in die nuwe Afrikaanse fliek, Sewentig x 7, wat vanaf Vrydag  reeds in Cross Kine-teaters landwyd draai.

Verfilming het vroeër vanjaar aan die Oos-Rand plaasgevind.

Angelique vertel die storielyn handel oor ‘n man en vrou wie hul enigste seun in ‘n motorongeluk verloor. Die vrou neem haar man kwalik vir die ongeluk en ontwikkel dan ‘n wrok teenoor hom.

“Die einde van die fliek sal as ‘n groot verrassing kom en baie mense onkant betrap,” verklap sy dan.

“Baie kykers sal hiermee kan identifiseer, want dit gebeur dikwels in ‘n mens se lewe dat jy só ‘n erge wrok teenoor iemand koester, dat jy nie eers besef dat die persoon eintlik onskuldig is nie. Dit is dan wanneer jy moet leer hoe om te vergewe. Sewentig maal sewe keer, soos die Bybel sê.”

Verfilming aan die fliek was ook vir haar self ‘n persoonlike ontdekkingsreis, vertel die aktrise. “Hoe dieper ek in die psige van my karakter gedelf het, hoe meer het ek agtergekom dat daar ook nog ‘n wrok of twee in my eie lewe lê. En om dit aan te spreek, moet ‘n mens ander vergewe.”

Kyk na hier na die lokfilm:

  • Jaco Hough-Coetzee