Dit is natuurlik nie nuwe nuus vir ons en hul aanhangers nie, want dié twee koer al weke lank op sosiale netwerke soos Twitter en Instagram.

Angelique het ook vroeër in ’n onderhoud met Sarie.com vertel hoe versot sy is op Jacques, wat vir die Australiese Superrugby-span die Waratahs uitdraf. “Ek is mal oor hom! Hy is ’n fantastiese mens en baie spesiaal . . . Maar dis ’n moeilike situasie; hy bly in Australië,” het sy toe vertel.

Afstand keer egter nie dié duifies nie. Angelique het onlangs in Australië vir die spiertier gaan kuier en het omtrent liefdesboodskappies en intieme foto’s op hul sosialemedia-blaaie gedeel. By een van die foto’s het sy geskryf: “Getting to know you is exhilarating.

Volgens Angelique is Jacques die perfekte ou vir haar. “Hy is die soort ou wat die ekstra myl sal loop. Hy doen baie moeite vir almal wat hy ken; hy behandel almal dieselfde en met respek. Dis vir my sy mooiste eienskap.”

Kyk ’n bietjie na die oulike foto’s wat hulle op sosiale media deel:

[post-slider]

-          Janine Nel