Mensevriend, sekskat, mannedief, filantroop, Boheems, ma, pervert... deur die jare is baie etikette om die nek van een van die mees besproke vroue ter wêreld gehang. In ’n opspraakwekkende nuwe, ongemagtigde biografie, getiteld Angelina, onthul die bekende skrywerANDREW MORTON – hy  het ook al oor prinses Diana en Tom Cruise geskryf – ’n ander kant vanAngelina Jolie: ’n vrou wat die littekens van ’n verworpene dra.

Deur onderhoude met vriende, kennisse en dokters skets hy ’n prentjie van ’n emosioneel kwesbare vrou wie se ma haar in die eerste een en ’n half jaar van haar lewe verwerp het.

In dié geredigeerde uittreksel uit die biografie kyk ons hoe die skoonheid met die vol lippe se gevoelens van verlies haar gedryf het tot dwelmverslawing, vele kortstondige verhoudings en ’n desperate behoefte om kinders uit die buiteland aan te neem.

Lees die volledige boekuitreksel in die Huisgenoot van 12 Augustus 2010.