Sy is gewoonlik huiwerig om oor haar verlede te praat, maar Angelina Jolie het uiteindelik besluit om prontuit oor haar wilde dae te praat.

Die 36-jarige aktrise kan skaars glo dat sy steeds lewend is, na alles wat sy in haar jeug aangevang het.

Sy meen ook dat haar donker, sexy kant steed bestaan maar dat dit slegs vir Brad Pitt se oë bedoel is.

“Ek’t steeds daardie wilde kant. Maar dit behoort nou aan Brad,” het die Oscar-wenner aan Bob Simon vertel tydens ‘n onderhoud op CBS News.

“Ek het tydens my jeug deur moeilike, donker tye gegaan. Maar ek het oorleef,” het sy aan Simon gesê.

Tydens die onderhoud vertel Angelina ook meer oor haar stormagtige verhouding met Billy Bob Thornton en hoe sy deesdae ouerskap ervaar.

Lees meer hier.

Volg Huisgenoot op Twitter.

-Mail Online