Angelina Jolie gaan met ’n Academy Board of Governors-prys vereer word.

Die 38-jarige aktrise sal die Jean Hersholt humanitêre prys by die Academy se 5th Annual Governors Awards ontvang.

Angelina is een van vier sterre, onder wie wat Angela Lansbury, Steve Martin en Piero Tosi, wat op 16 November vereer word.

Haar prys word toegeken “aan ’n individu in die rolprentbedryf wie se humanitêre werk aansien aan die bedryf verleen het”. Angela, Steve en Piero kry ’n ereprys vir “uitmuntende onderskeiding in lewenslange prestasie, besondere bydrae tot die stand van rolprentkuns en –wetenskap, en vir uitstaande diens aan die Academy”.

Die Academy-hoof, Cheryl Boone Isaacs, het gesê: “Die Governors Awards bring hulde aan individue wat ongeëwenaarde bydrae in hul onderskeie veld gelewer het.”

Sy het bygevoeg dat hulle opgewonde is om Angelina, Angela, Steve en Piero te huldig, aangesien hulle hul “buitengewone prestasie” erken.

“Ons kan nie meer opgewonde wees oor vanjaar se vereerdes nie, en sien daarna uit om saam met hul eweknieë en kollegas hul buitengewone prestasie te huldig,” het sy gesê.