Angelina Jolie was vasbeslote om haar gesin se lewe so normaal moontlik te hou tydens haar herstel.

Die 37-jarige aktrise het Dinsdag (14 Mei) onthul het sy het in Februarie ’n dubbele mastektomie en rekonstruksie ondergaan. Sy het vroeër gehoor sy het ’n 87 persent kans op borskanker nadat die BRCA1-geenmutasie by haar gediagnoseer is.

Sy het dit reggekry om die operasies geheim te hou deur te weier om veranderinge aan haar of haar ses kinders se vol program te maak.

’n Bron het aan People.com gesê: “Als het normaal gelyk. Die kinders was bedags in die skool en het nes altyd naskoolse aktiwiteite bygewoon.”

Die Salt-ster het steeds by openbare geleenthede verskyn terwyl sy behandeling ondergaan het, onder meer by die 27ste jaarlikse prysuitdeling van die Amerikaanse vereniging vir kinematograwe op 10 Februarie.

Sy is het ook haar vierjarige tweeling, Knox end Vivienne, saam met Brad Pitt na die Museum vir Nasionale Geskiedenis in Los Angeles geneem net twee dae voor sy op 16 Februarie ’n groot operasie ondergaan het om borsweefsel te laat verwyder en vullers te laat insit.

Die Oscar-bekroonde aktrise het ook in Maart na die Demokratiese Republiek van die Kongo gereis om met oorlewendes van verkragting te gaan praat.

Cathy Newman, ’n joernalis wat saam met Angelina gereis het, het op Channel 4 se webtuiste geskryf: “Ek het nie die vaagste benul gehad wat sy beleef nie. Ons het ure op vreeslik stamperige vulkaniese paadjies gery na verskeie kampe vir mense wat deur die oorlog ontwortel is. Ek kan my net voorstel hoe moeilik dit moes gewees het vir ’n vrou wat van ’n groot operasie herstel het.”

Brad, wat nog vier kinders, Maddox (11), Pax (9), Zahara (8) and Shiloh (6), saam met die aktrise het, het voorheen onthul hulle het die ervaring soos ’n “avontuur” benader.

Hy het gesê: “Ons het ons eie né-operasie-rooster gehad wat nogal lekker geraak het. Jy maak ’n avontuur daarvan.

“(Dit was) ’n emosionele en pragtig inspirerende paar maande.”