By ’n kostuumgeleentheid by die Kensington-paleis vir haar nuwe Disney-rolprent, Maleficent, het Angelina aan verslaggewers gesê “ons dink daaraan”. Sy en Brad het laas in 2005 in Mr. and Mrs. Smith saam in ’n rolprent gespeel.

Maar Vrydag tydens ’n perskonferensie het sy gesê haar werk as ’n gesant vir die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir vlugtelinge en die projek voorkoming van seksuele geweld kry voorrang.

Sy het gesê toneelspel sal “meer op die agtergrond geskuif word”.

“Ek is seker daar sal nog ’n paar rolprente wees. Maar ek is bly ek kan kieskeurig wees en pret hê met karakters soos hierdie een, maar ek wil graag op skryf en regie fokus en bowenal op my werk by die VN en PVSG (projek voorkoming van seksuele geweld),” het Angelina gesê.

Brad en hul 12-jarige seun, Maddox, het Dinsdagaand saam met Angelina op die blou tapyt verskyn.

Angelina speel die naamrol in die sprokiesverhaal waarin haar vyfjarige dogter, Vivienne, haar rolprentdebuut maak as die Slapende Skoonheid.

Angelina sê sy was dol daaroor om haar kinders op die stel te hê: “Hulle het op die feetjieplek gebly. Hulle het saam met Elle (Fanning) gekuier. Dit was fantasties.” Maleficent word op 28 Mei in Brittanje uitgereik en op 30 Mei in Amerika.