Dit was glans en weelde toe die Afrikaanse fliek Sink Woensdagaand by Cedar Square in Sandton bekendgestel is. Bekendes, resensente en aanhangers is gaande oor dié fliek wat almal aan die praat het.

“Dit verskuif die grense in Afrikaans,” meen die resensent Leon van Nierop. “Dit vat kwessies aan wat ons nie voorheen bespreek het nie. Dis nodig vir die Suid-Afrikaanse landskap.”

Die fliek vertel die verhaal van Rachel, ’n Mosambiekse huiswerker wat in Johannesburg woon. Sy word verplig om ’n lewensveranderende besluit te neem nadat haar dogter tragies sterf terwyl Rachel se werkgewers na haar moes kyk.

Sink is vervaardig deur Anel Alexander, wat ook self daarin speel. Sy het gestraal in ’n Kobus Rautenbach-skepping en haar hare is weer vlamrooi.

[caption id="attachment_119879" align="alignnone" width="600"]Anel saam met haar man, James Alexander. Foto: Facebook, Esna Colyn Anel saam met haar man, James Alexander. Foto: Facebook, Esna Colyn[/caption]

“Ná my eerste twee rolprente as vervaardiger – Discreet en Semi-Soet – was dit vir my belangrik om ’n projek aan te pak wat ook ’n internasionale aantrekkingskrag sal hê en verder as Suid-Afrika se grense gesien sal word,” verduidelik Anel.

“Ek geniet albei rolle en ek dink dat my rol as vervaardiger van my ’n beter aktrise maak, terwyl toneelspel van my ’n beter vervaardiger maak, juis omdat ek regtig weet hoe dit voor en agter die kameras voel.”

Die nuweling Shoki Mokgapa speel die rol van Rachel en lewer ’n kragtoer.

[caption id="attachment_119878" align="alignnone" width="600"]Amalia Uys, Shoki Mokgapa, Anel en Leandie du Randt. Amalia Uys, Shoki Mokgapa, Anel en Leandie du Randt. Foto: Facebook, Leandie du Randt[/caption]

“Anel is baie gefokus as ’n akteur en vervaardiger en die gemak waarmee sy tussen die twee rolle beweeg het, het my asem weggeslaan,” vertel Shoki.

“Ek bewonder haar nie net omdat sy ’n sterk vrou is nie, maar omdat sy werklik ’n baanbreker in eie reg is wat veranderings teweeg bring in die landskap van hoe rolprente gemaak word.”

Ander akteurs soos Jacques Bessenger, Diaan Lawrenson en Vuyelwa Booi is ook in die fliek te sien.

Ander foto’s van die première:

[caption id="attachment_119880" align="alignnone" width="600"]Anel en Leandie in ’n ligte oomblik. Foto: Facebook, Leandie du Randt Anel en Leandie in ’n ligte oomblik. Foto: Facebook, Leandie du Randt[/caption]

Kyk ook: Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

[caption id="attachment_119881" align="alignnone" width="600"]Mandi Baard speel ook ’n rol en is hier saam met Leandie. Foto: Facebook, Leandie du Randt Mandi Baard speel ook ’n rol en is hier saam met Leandie. Foto: Facebook, Leandie du Randt[/caption]

Lees ook: Oe-la-la! Karlien van Jaarsveld pronk in haar speelpakkie!

[caption id="attachment_119882" align="alignnone" width="600"]Sandra Vaughn, Anel en Corine du Toit. Foto: Facebook, Sandra Vaughn Full Sandra Vaughn, Anel en Corine du Toit. Foto: Facebook, Sandra Vaughn Full[/caption]

– Joshua Carstens

RESENSIE: HUISGENOOT SE JOSHUA CARSTENS SÊ SY SÊ OOR ‘WÊRELDKLAS’ SINK

Die fliek betree ’n nuwe vlak in Afrikaans. Daar is nog nie so ’n roerende storie op só ’n unieke wyse vertel nie. Elke oomblik, selfs die talle stiltes, boei die kyker en raak jou siel.

Anel en Shoki se spel is wêreldklas. Die beheersdheid waarmee Shoki die subteks vertolk, gee jou insig in die psige van ’n ma wat haar kind tragies aan die dood moes afstaan.

Die kamerawerk neem die kyker verder op ’n reis waar die jukstaposisie van verskillende tonele en skote as’t ware self emosie wek. Ook Jacques Bessenger se spel is puik en fliekgangers sal lank nadat hulle uitgestap het, nog oor die komplekse verhoudings nadink.

• Sink word op 18 Maart in teaters landwyd uitgereik.

Ander stories op Huisgenoot.com

Beïndruk motorgeesdriftiges as jy weet SA se Motor van die Jaar is . . .

Zephany Nurse se grootmaakma skuldig

Tokai-moord: Nóg klagtes kom moontlik teen Franziska-verdagtes

Vrou in Zephany Nurse-saak skuldig

Ma takel stigma: ‘My dogter is meer as net die geboortemerk op haar gesig’

Kyk: 7 koninklike kleingoed sal jou hart vermurwe