Die gewilde sangeres Andriëtte Moolman en haar man, Glynn, het in Julie bekend gemaak hulle gaan vir die eerste keer saam ouers word. En nou het dié Sewe Oseane-sangeres verklap hul eersteling is 'n seuntjie!

Haar man, Glynn, het reeds 'n kleuterseun uit 'n vorige verhouding. Die Kaapse paartjie is in 2015 getroud. “Baie opgewonde om met julle te deel. Ons gaan ’n klein Moolmantjie hê,” het sy in Julie by 'n sonar-foto op Facebook geskryf.

Die paartjie se nuwe kleinding gaan na verwagting in Februarie sy opwagting maak.