’n Uur en ’n half voor een van die grootste prysaande in die plaaslike musiekbedryf het die sangeres Andriëtte Norman nog gewonder of sy hoegenaamd moet opdaag.

Haar rok was myle te groot en sy kon nêrens op kort kennisgewing ’n plaasvervanger vind nie. “Ek het vir my man, Glynn, gesê ek is sommer lus en bly by die huis, want niks werk uit nie.”

Maar vandag is sy waarskynlik bly Glynn het haar omgepraat om wel Maandagaand se Ghoema-musiekprysaand by die Joburg-teater in Braamfontein in Johannesburg by te woon. Lees ook: So het die sterre by die Ghoema-prysaand geglinster Andriëtte het geskitter in ’n elegante swart rok wat sy “sommer by die naaste winkelsentrum gaan koop het” toe sy vir haar jongste album, Pêrel vir ’n Kroon, die prys wen vir beste kontemporêre album deur ’n vroulike kunstenaar.

Dankie almal.Beste kontemporêre album en vroulike kunstenaar van die jaar. Ek is baie dankbaar en kan dit nie glo nie xx

A photo posted by Andriëtte Norman (@andriette.norman.official) on

Boonop is sy aangewys as vroulike kunstenaar van die jaar – ’n eer wat sy glad nie verwag het nie.

“Ek het dit glad nie sien kom nie,” het sy aan Huisgenoot gesê kort nadat sy uit Johannesburg teruggekeer het na Kaapstad, waar sy en Glynn woon.

“Ek is nou geïnspireer om selfs meer musiek te maak,” vertel die blondekop. “Dis die eerste keer dat ek baie van die liedjies self geskryf het en dis lekker om te sien die resep werk.”

Lees ook: Elvis Blue gesels met Huisgenoot oor sy Ghoema-glorie

Die sangeres sê haar volgende doelwit is om te hou by die resep wat van Pêrel vir ’n Kroon ’n sukses gemaak het en weer so betrokke te wees by haar musiek. “Ek het ’n wonderlike span en is opgewonde om nog te skryf.”

Geluk, Andriëtte!

Ander stories op Huisgenoot.com:

Pierre Greeff en Loki Rothman voer jou mee in roerende duet saam

Kyk hoe gelukkig is Dozi se eks deesdae!

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar

Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding

Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word