Die sanger André Schwartzhet onlangs die rol van Wessel Buys in 7de Laan vertolk. In April gaan ons hom ook sien in die splinternuwe kykNET-reeks Sterlopers. “Ek speel dan ’n moeilike regisseur,” vertel hy geheimsinnig. Ons wil by hom weet watter 7de Laan-karakter hy sal kies vir ’n paar takies . . .

a. Watter 7de Laan-karakter sal jy kies om vir jou kos te maak?

“Beslis Hilda. Jy gaan nooit weet wat jy kan verwag nie en as die kos sleg is, sal sy haar sewe-serie-dans doen.”

b. Watter 7de Laan-karakter sal jy kies om ’n motiveringspraatjie te lewer?

“Beslis Oubaas. Almal sal sorg dat hulle elke woord inneem en saamstem, uit vrees dat hy alles sal herhaal.”

c. Met watter 7de Laan-karakter sal jy ’n drankie wil geniet?

“Nee wat, daar nooi ek die hele klomp. Hoe meer siele, hoe meer vreugde. Behalwe Matrone. Sy sal almal se pret bederf. Ek kry ook die indruk sy drink skelm.”

d. Watter karakter sal jy kies om jou huis op te pas? 

“Gita, want as iets skeefloop of daar probleme is, sal sy kan bekostig om dit reg te maak. Sy het ook bitter min vriende; daarom sal daar nie woeste partytjies wees nie.”

e. Saam met watter karakter sal jy oefening doen?

“Lindile. Hy is dan immers die Laan se fiksheidsinstrukteur.”

Kyk hierdie video en sien hoe André agter die skerms by 7de Laan kuier:

http://youtu.be/HmMQmpOn3A4

-Loren Pienaar