Amy Peohler

Jon Hamm en Amy Poehler het gisteraand (Sondag) ’n Emmy-napartytjie vir die verloorders gehou.

Jon Hamm (42), ’n akteur van Mad Men, en Amy Poehler (42), aktrise van Parks and Recreation, het besluit om saam ’n eksklusiewe Emmy Awards-napartytjie te hou. Hy is benoem as uitstaande hoofakteur in ’n dramareeks en sy as uitstaande hoofaktrise in ’n komediereeks.

Hulle het op die partytjie besluit omdat hulle nie verwag het om te wen nie. Hulle het dit ook gate uit geniet by die napartytjie wat Kristen Wigg verlede jaar gehou het toe sy nie die prys vir beste ondersteunende aktrise in ’n komedie gewen het nie. Julie Bowen, ’n ster van Modern Family, het die prys ontvang.

Jon het aan E! News gesê: “Ons het dit verlede jaar die Losers Lounge genoem omdat niemand wat daar was, ’n prys gewen het nie. Die naam het by ons vasgesteek. Ons het gedink: Dit was ’n lekker partytjie. Ons moet dit weer doen; net beter. Ons moet ons vriende nooi wat ook nie gaan wen nie, en dit geniet.”

Die twee het gesê Emmy-wenners is ook welkom by hul partytjie, solank hulle hul beeldjies by die deur los en R10 000 aan ’n liefdadigheidsorganisasie van hul keuse skenk.

Sowat 3 800 gaste word verwag by die amptelike partytjie ná die Emmys, The Governors Ball. Dit word in Los Angeles se konvensiesentrum gehou en die tema is ’n towerwoud.

- Bang Showbiz

LEES MEER:

TV se top-talent

Die Emmys, The Fixer en dié wat beroof is . . .