Die oud-Bokheld en afgestorwe MNS-lyer, Joost van der Westhuizen, sou vandag, Maandag 20 Februarie, 46 jaar oud gewees het.

LEKKER VERJAAR, JOOST

Wens jy was hier vandag, selfs net vir ’n klein rukkie, sodat ons jou met jou verjaardag kon gelukwens en jou liefdevolle glimlag kon sien.

Die enigste geskenke vandag sal jou soete herinneringe, lag en vreugde wees wat in ons geheue weerklink.

Ons sal na jou foto’s kyk, ons sal met liefde aan jou dink, en hoop dat jy oukei is in die hemel.

Mag engele jou styf vashou en ’n vreugdevolle liedjie sing. Ons sal ons beste wense vandag stuur en jou nalatenskap vier.

Die sangeres en televisie-aanbieder het kort voor Joost se gedenkdiens haar Facebook-profielfoto verander na een van haar en Joost.

’n Emosionele Amor het by sy gedenkdiens op sy tuisveld Loftus Versfeld in Pretoria teen trane baklei toe sy ’n afskeidstoespraak voor ’n skare van duisende aanhangers van die ontslape Bokheld gemaak het.

? Joost het nog verlede jaar ’n op sy 45ste verjaardag ’n spesiale foto met Huisgenoot se lesers gedeel.