“Ons is op rekord met die feit dat ons baie graag die oorspronklike opname en die oorspronklike toestel sal wil bestudeer,” lui die verklaring.

Dis geen geheim dat daar baie wrywing tussen Amor en Joost was nie.

Haar regspan sê hulle het ’n probleem met die materiaal wat “duidelik ’n saamgestelde en geredigeerde stuk is wat aan die media uitgelek is in ’n waarskynlike poging om die reputasie van Amor ernstige leed aan te doen”.

In die vrystelling word genoem dis geen geheim dat daar baie wrywing tussen Amor en Joost was nie en met tye kon daar moontlik hoogs emosionele gesprekke plaasgevind het.

Amor het erken dat hulle het soms baklei en moeilike tye gehad, veral ná die destydse sogenaamde “seksvideo” van Joost uitgelek het.

In sy outobiografie Joost: The Man in the Mirror verwys hy na die voorval en teken onvoorwaardelik apologie aan.

"Geen verskonings. Wat ek met die meisie gedoen het, was verkeerd. Om dwelms te gebruik was verkeerd, en om daaroor te jok en te ontken was verkeerd."

Ons hoogste prioriteit in hierdie stadium is ook om die kinders se belange te beskerm.

Die omstrede video die land sedert Saterdag aan die gons het, is glo telefoniese gesprekke tussen Amor en Joost.

“Die opname is na bewering lank terug opgeneem - dit is nodig dat ons weet op wattter tyd, plek en datum dit na bewering opgeneem is,” het Sean Hefferman, Amor se prokureur, oor die video gesê.

Hy sê voorts ’n verdere verklaring sal uitgereik word nadat die oorspronklike opname deur hulle bestudeer is.

“Ons hoogste prioriteit in hierdie stadium is ook om die kinders se belange te beskerm in opdrag van Amor, aangesien hulle ook geaffekteer word weens die huidige verrigtinge.”

Amor het aan Huisgenoot.com gesê daar is dele van die opname wat haar stem kan wees, maar glo dit is opnames wat oor ’n tydperk gemaak is, bymekaargevoeg en moontlik selfs vervals is. “Ek dink die opname is so gemanipuleer om my so sleg moontlik te laat lyk,” het Amor by navraag oor die inhoud van die klankopname gesê.