Niemand het gedink ons sou ooit die dag beleef nie, maar Joost van der Westhuizen en sy vervreemde vrou, Amor Vittone, het vrede gemaak – om die kinders se onthalwe.

Drie jaar lank het die openbare moddergooiery tussen twee van Suid-Afrika se gewildste glanspersoonlikhede net ál feller geword.

Maar nou is die openbare bakleiery op sosiale netwerke en in die media eindelik verby.

Deesdae is hulle weer goeie vriende, vertel Joost dankbaar.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.