Sy erken nie maklik iets skort nie, maar toe Amor Vit-tone se voete op Paasmaandag onder haar uitgly en sy by die trap van haar huis afval, het die oomblik van waarheid vir haar aangebreek.

Na´ vier jaar se spanning toe haar huwelik met die oud-Springbok Joost van der Westhuizen eers in ’n krisis gedompel is en ’n terminale siekte daarna by hom gediagnoseer is, het sy eindelik na liggaam en gees geknak.

“Depressie en angs is by my gediagnoseer,” vertel die sangeres openhartig. “Ek moes baie moed bymekaarskraap voor ek psigiater toe is, maar nou weet ek, ek is nie swak of min- der van ’n ma of vrou as ek erken ek is depressief en dinge het te veel geraak nie.”

Lees Danél Blaauw se artikel in Huisgenoot 11 Julie 2013