Die 7de Laan-ster het foto's van die spesiale geleentheid op Facebook gedeel. Sy skryf dit is maar ’n "emosionele Kersfees", siende dat die hele familie bymekaar is.

Joost ly reeds die afgelope vyf jaar aan motorneuronsiekte. Die gesin het Saterdagaand geskenke uitgeruil en was in ’n ligte luim.

"Geseënde Kersfees en onthou om alles voluit te doen, die lewe is te kort!" het Amor haar Kersboodskap afgesluit.