Sy het geskryf “dis met ’n swaar en seer hart dat ons afskeid geneem het van Joost”. Joost was die pa van haar twee kinders, Jordan (13) en Kylie (10).
Die rugby-ikoon is Maandagmiddag omring deur geliefdes in sy huis in Dainfern, Johannesburg, oorlede nadat hy sy stryd teen motorneuronsiekte verloor het.

“Ons is omhels met familie en baie liefde. Joost, rus in vrede en weet dat Jordan en Kylie, jou styf binne hul hart sal hou,” het Amor verder op haar Facebook-blad geskryf.

“Jy sweef saam met die engele sonder pyn. Jy was en is my eerste liefde. Ons is lief vir jou! Rus in vrede saam met God en al die engele.”