[caption id="attachment_116711" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pexels Foto ter illustrasie: Pexels[/caption]

In ’n waterskeiding-uitspraak het Brittanje se owerheid vir menslike bevrugting en embriologie ’n groep wetenskaplikes toestemming gegee om die DNS van menslike embrio’s geneties te verander. Die genetiese aanpassing sal gedoen word met embrio’s wat geskenk is deur pare wat IVF-behandeling ondergaan en ’n oorskot het. Lees ook: Kosse wat vrugbaarheid verhoog Die navorsing sal plaasvind tydens die eerste sewe dae ná bevrugting en sal geskied onder leiding van dr. Kathy Niakan, ’n stamselwetenskaplike wat ’n dekade lank navorsing oor menslike ontwikkeling gedoen het.

Die eksperiment sal fokus op die tydperk wanneer die bevrugte eier ontwikkel van ’n enkelsel in ’n blastosist (wat uit sowat 250 selle bestaan) en lig werp op wat dadelik ná bevrugting gebeur.

“Ons wil baie graag verstaan watter gene nodig is vir ’n menslike embrio om suksesvol tot ’n gesonde baba te ontwikkel,” verduidelik Kathy haar besluit om die baanbrekersnavorsing aan te pak. “Dis belangrik omdat miskrame en onvrugbaarheid uiters algemeen is, maar dit nie baie goed verstaan word nie.” Lees ook: Vroue raak moontlik kort ná miskraam weer swanger Die prosedure sal op die DNS van embrio’s fokus en sekere gene uitskakel om te probeer uitvind hoe die genetiese samestelling van ’n embrio suksesvolle ontwikkeling bepaal.

Al is die navorsing kragtens die uitspraak goedgekeur, sal dit onwettig wees vir die wetenskaplikes om die aangepaste embrio’s in ’n vrou te plaas en veranderde embrio’s moet ná sewe dae vernietig word.

Die omstrede projek het wyd weerstand ontlok by wetenskaplikes wat vrees die genetiese aanpassing van embrio’s kan die deur open vir die wetenskap “om die menslike spesie onherroeplik te verander”.

Bronne: telegraph.co.uk, guardian.com, bbc.com

– Saamgestel deur Lindsay de Freitas

Ander stories op Huisgenoot.com

Hoekom is daar ’n gaatjie bo-aan my Bic-pen se doppie?

105-jarige ‘Ouma Wit’ verklap geheim van haar lang lewe

Pa deel foto van babadogter se toon om te waarsku teen gevaarlike toestand

Dogter ontmoet haar ma ná 82 jaar

Slegte nuus vir Derick Hougaard