Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, is die man kort voor eenuur vandag onder ’n boom in Waverleyweg gevind. Hy het ernstige beserings aan sy gesig, linkerarm en -been opgedoen. Albei sy ore is ook afgeskeur.

Paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die man op die toneel te stabiliseer voor hy na ’n spesialishospitaal geneem is.